Kantoorure:
Maandae to Donderdae 07:45 – 12:45 en 13:45 – 17:00
Vrydae 07:45 – 12:45 en 13:45 – 15:45
Na ure klagtes en navrae sal na die noodbeheer vewys word vir nodige aksie.
WATERAANSLUITINGS
Wat is die prosedure vir ‘n wateraansluiting?
Moet eerstens ‘n goedgekeurde bouplan hê.
Dien aansoek in by die Ingenieurs Departement en betaal die aansluitingsfooie en/of die deposito.
Watter dokumente het ek nodig as ek my wateraansluiting kom betaal?
As jy dit persoonlik kom betaal moet jy jou ID saam bring om die nuwe rekening oop te maak.
Indien jy dit namens ‘n ander person doen moet jy die eienaar se ID saam bring, asook ‘n
magtigings brief dat jy dit namens die eienaar kan doen asook jou ID dokumente word benodig.
As jy dit namens ‘n maatskappy doen, moet die magtiging op ‘n briefhoof gedoen word asook
jou ID moet getoon word.
Wat is die koste vir ‘n wateraansluiting op ‘n nuwe erf?
Tariwe beskikbaar – link
Wat is die koste vir wateraansluiting vir ‘n onderverdeling?
Die koste word bereken vir elke individuele aansluiting. Kontak nommer: 021 - 807 4715
Wat is die koste om my watermeter te verskuif?
Tariwe beskikbaar - link
Kan ek my wateraansluitings bedrag afbetaal?
Nee dit kan nie afbetaal word nie, die bedrag moet ten volle betaal word
voor die water aangesluit kan word.
Is my watermeter akkuraat?
Indien ‘n verbruiker ontevrede is met die verbruik wat op die rekening toon, kan reëlings
getref word om die meter teen ‘n voorgeskrewe tarief te laat toets. ‘n Nuwe meter sal
geïstalleer word ongeag of die ou meter akkuraat was of nie.
RIOOLAANSLUITINGS
Wat is die prosedure vir ‘n rioolaansluiting?
Moet eerstens ‘n goedgekeurde bouplan hê.
Dien aansoek in by die Ingeneurs Departement en betaal die aansluitingsfooie en/of die deposito.
Wanneer kan ek vir my rioolaansluiting betaal?
Wanneer jou bouplan goedgekeur is.
Wat is die koste vir rioolaansluiting op nuwe erf?
Tariwe beskikbaar – link
VULLISVERWYDERING
Watter dae word huisvullis verwyder?
Huisvullis word een keer per week verwyder volgens ‘n neergelegde skedule.
Kry die vullisverwyderingskalender by die Ingenieurs department of skakel 021 807 4715.
Link to Downloadable calendar.
Wat moet gedoen word indien ‘n vullishouer verlôre raak?
Indien gesteel meld aan by polisie en by die Ingenieurs dienste se algemene navrae
sodat dit vervang kan word. Kontak 021 8074715
Indien self beskadig of verlôre moet die houer op die eienaar/ huurder se
rekening vervang word.
Wat is die koste van ‘n nuwe vullishouer?
Tariwe beskikbaar – link
Kan ek die Munisipaliteit vra om my tuinvullis te verwyder?
Ja, teen ‘n koste per bakkie vrag.
Kontak 021 807 4750 om reëlings te tref.
WATER
Hoekom moet ek my drinkwater op ‘n plaas laat toets?
Die raad is verantwoordelik om toe te sien dat alle drinkwater aan die minimum
nasionale standard voldoen.
RIOOL
Hoekom moet ‘n rioolstelsel op ‘n plaas voldoen aan die waternavorsingsraadverslag?
Om seker te maak dat besoedeling van water hulpbronne nie plaas vind nie.
Hoekom moet ek grootmaatdiensteheffing (GMDH) betaal?
Vanaf 1/7/2008 is die GMDH beleid verander om alle aanbouings van residensielle
wonings in te sluit, volgens goedgekeurde tariewe. Die heffings word benut on die
siviele ingenieurs dienste op te gradeer.
Algemene navrae: 021 8074715
Frenchdrain / Septiesetenk
Lewer die munisipaliteit ‘n diens om septiesetenke leeg te pomp?
Die munisipaliteit lewer ‘n diens, maar privaat kontrakteurs word meestal gebruik.
Algemene Navrae vir tariewe 021 8704715
ALGEMEEN
Moet my swembad se terugspoelwater by die stormwater
of rioolstelsel aansluit?
Aansluiting na die rioolstelsel word vereis.
Kan ek oor of naby ‘n munisipale diens bou?
Geen konstruksie word toegelaat nader as 1 meter vanaf ‘n munisipale diens nie.
Waar meld ek die onwettige bestuur van ‘n munisipale voertuig aan?
Kontak nommer 021 807 4709
Waar is die stortingsterreine geleë?
Liggings planne beskikbaar. Link to plans
Waaraan moet bouplanne voldoen?
Dokument beskikbaar. Link to docs.
1. I:KNAGGS/15 town planning/15-4-1/standard comments/comment standard rezoning conditions for large subdivisionsa
2. I:KNAGGS/15 town planning/15-4-1/standard comments/comment standard rezoning conditions for small subdivisionsa
3. I:KNAGGS/15 town planning/15-4-1/standard comments/General subdivision conditions for farms
4. I:KNAGGS/15 town planning/15-4-1/general/master standards checklist
Docs and Diagrams still required:
Stortingsterreine liggings planne – 4 dorpe
Kalender vir huisvulliswerwydering